Il sito web utilizza cookies. Se continui ad utilizzare questo sito web, significa che sei d’accordo con la nostra politica riguardo l’uso di questi cookie.
Installa l'applicazione mobile gratuita Online Radio Box per il tuo smartphone e ascolta le tue stazioni radio online preferite – ovunque ti trovi!
Ek luister Bosveld in my kantoor aanlyn en in my kar ook. Lekkerste luister musiek!!!!!
5
Theo Benade29.09.2019
Dankie vir julle goeie verskuidenheid van musiek, veral die oldies wat nog gespeel word. ons wardeer dit opreg.
4
mynie Botha28.09.2019
Ek was jaloers op die wat die radiostasie kon luister tot ek agtergekom het ek kan dit op rekenaar opvang selfs hier in Natal!! Ek is Afrikaans.
5
Mary Anne Jonker26.09.2019
Ek luister heerlik elke lewe dag tot middernag na jul musiek hier vanuit Gaborone
5
Bernadette Steyn16.09.2019
Op hierdie Maandag maak julle alles net beter!!! Baie dankie!
5
Caroline Oelofse26.08.2019
Stunning Musiek, Love radio Bosveld Stereo
5
Jaco Smit21.08.2019
Beste radio stasie
5
Johan Roux21.08.2019
Ek is `n oud Britsie, woon nou in Den Haag in Nederland en waardeer steeds julle musiek. Daar is baie van SA wat ek nie mis nie, maar julle is nie een van daardie dinge nie. Dankie vir goeie musiek.
5
M A30.07.2019
Kan my gunsteling radiostasie luister waar ek ookal gaan!!!
Bosveld Stereo 107,5 FM, die gemeenskapsradiostasie vir die groter Hartbeespoort, Brits, Rustenburg area.
Bosveld stereo is ‘n gemeenskapgerigte radiostasie wat van plaaslike talent gebruik maak om ons luisteraars mee te vermaak. Almal wat tans by Bosveld stereo werksaam is woon binne die uitsaai voetspoor van die stasie en almal neem ook aktief deel in een of meer van die gemeenskap projekte waarby Bosveld stereo betrokke is.
Ons is ‘n Afrikaans gebaseerde radio stasie met ‘n Christelike agtergrond. Dus staan ons geen haatspraak van enige aard voor nie en reik ons ‘n helpende hand uit na die gemeenskap wat ons bedien.
‘n Dinamiese Radiostasie
Bosveld Stereo het op die frekwensie 107.5FM in stereo begin uitsaai op 1 Oktober 2008. Hierdie mylpaal is behaal na jare se voorbereiding en onderhandeling met die gemeenskap wat hy bedien asook met die lisensie-owerheid in Suid-Afrika wat verantwoordelik is vir die toekenning van uitsaailisensies.
Bosveld Stereo is ‘n besonderse dinamiese gemeenskapsradiostasie met sy sendermas 380 meter hoog op die Magalliesbergkruin bokant die Hartbeestpoortdamvallei. Hoë punte in Randburg, Sandton, Bryanston, Pretoria se Moot en selfs sover as Cullinan is binne siglyn van die sender.
Bosveld Stereo se voetspoor
Bosveld Stereo saai uit na ‘n verskeidenheid teikengehore binne die radius van sy voetspoor wat strek vanaf Bryanston, Sandton, Randburg, Roodepoort, Krugersdorp en Randfontein in die suide tot in die hart van die Bosveld by Thabazimbi in die noordweste. Sywaarts bereik Bosveld Stereo Centurion, Pretoria-Noord, Pta-Wes en Pta-Oos en tot sover as Warmbad en Nylstroom, weswaarts oor die Magalliesberg, Brits, Rustenburg en omgewing.
Contatti
Indirizzo:
Gedeelte 3, Plot 49, Melodie Landbouhoewes 0216 Hartebeestpoort, South Africa