Online Radio Box verwendet Cookies, um unseren Nutzern den besten Service zu bieten. Bevorzugte Radiosender und Musikgenres, Favoriten der Nutzer, Bewertungen von Sendern und viele andere Dienste müssen deine persönlichen Daten verarbeiten.
Bitte klicke auf „Ich stimme zu“, um sicherzustellen, dass du unsere Website optimal nutzen kannst. Alternativ kannst du unter „Einstellungen“ auswählen, welche Cookies oder Technologien du zulassen möchtest.
Installieren Sie gratis auf Ihrem Smartphone die Online Radio Box-App und hören Sie Ihr Lieblingsradio online an, wo Sie immer wollen.
Bosveld Stereo 107,5 FM, die gemeenskapsradiostasie vir die groter Hartbeespoort, Brits, Rustenburg area.
Bosveld stereo is ‘n gemeenskapgerigte radiostasie wat van plaaslike talent gebruik maak om ons luisteraars mee te vermaak. Almal wat tans by Bosveld stereo werksaam is woon binne die uitsaai voetspoor van die stasie en almal neem ook aktief deel in een of meer van die gemeenskap projekte waarby Bosveld stereo betrokke is.
Ons is ‘n Afrikaans gebaseerde radio stasie met ‘n Christelike agtergrond. Dus staan ons geen haatspraak van enige aard voor nie en reik ons ‘n helpende hand uit na die gemeenskap wat ons bedien.
‘n Dinamiese Radiostasie
Bosveld Stereo het op die frekwensie 107.5FM in stereo begin uitsaai op 1 Oktober 2008. Hierdie mylpaal is behaal na jare se voorbereiding en onderhandeling met die gemeenskap wat hy bedien asook met die lisensie-owerheid in Suid-Afrika wat verantwoordelik is vir die toekenning van uitsaailisensies.
Bosveld Stereo is ‘n besonderse dinamiese gemeenskapsradiostasie met sy sendermas 380 meter hoog op die Magalliesbergkruin bokant die Hartbeestpoortdamvallei. Hoë punte in Randburg, Sandton, Bryanston, Pretoria se Moot en selfs sover as Cullinan is binne siglyn van die sender.
Bosveld Stereo se voetspoor
Bosveld Stereo saai uit na ‘n verskeidenheid teikengehore binne die radius van sy voetspoor wat strek vanaf Bryanston, Sandton, Randburg, Roodepoort, Krugersdorp en Randfontein in die suide tot in die hart van die Bosveld by Thabazimbi in die noordweste. Sywaarts bereik Bosveld Stereo Centurion, Pretoria-Noord, Pta-Wes en Pta-Oos en tot sover as Warmbad en Nylstroom, weswaarts oor die Magalliesberg, Brits, Rustenburg en omgewing.
Kontakte
Adresse:
Gedeelte 3, Plot 49, Melodie Landbouhoewes 0216 Hartebeestpoort, South Africa
Vielleicht ist dies nur ein vorübergehendes Problem.
Sie können Ihre E-Mail-Adresse hinterlassen und wir werden Sie informieren Sie, wenn der Sender wieder online ist:
Oder hören Sie andere Sender in Südafrika