Ek bly en werk in die Maldives en om na Bosveld Stereo te luister is net so goed as om by die huis in Pts te wees, sit so salfie op die verlange. Julle is Tops.
5
Madeleine van Nuwenhuys25.01.2019
Ek stroom sowaar geen ander stasie nie. Julle musiek keuses is loutere genot. Baie dankie
5
Dennis Snel - van Kooten13.11.2018
Groeten uit Zuid-Nederland. Limburg. Wij doen hier ook de leeuloop met carnaval. Groeten van de Slimburger. We genieten van uw muziek. Louter goede keuzes. Dennis.
5
Anthony Barnard23.09.2018
love it i stream it all the time would love if you play more country. especially on saturdays and sundays. But your radio station is awesome im adited to it bloemfonten radio stations suck.
5
Willie Engelbrecht22.08.2018
Goeiemore,Eks met vakansie in Vitebsk in Belarus en luister na "Bosveld stereo" op Stereo ,Dis so suiwer asof ek weer terug is in Pretoria !!! Puik
5
Leon Pelser25.01.2018
Beste in die weste
5
Andries van Dyk12.11.2017
Julle is puik. Sukkel net patykeer om julle op tevang want daar is 4 Bosveld stereo live steamings op die internet en net een werk.
Bosveld Stereo 107,5 FM, die gemeenskapsradiostasie vir die groter Hartbeespoort, Brits, Rustenburg area.
Bosveld stereo is ‘n gemeenskapgerigte radiostasie wat van plaaslike talent gebruik maak om ons luisteraars mee te vermaak. Almal wat tans by Bosveld stereo werksaam is woon binne die uitsaai voetspoor van die stasie en almal neem ook aktief deel in een of meer van die gemeenskap projekte waarby Bosveld stereo betrokke is.
Ons is ‘n Afrikaans gebaseerde radio stasie met ‘n Christelike agtergrond. Dus staan ons geen haatspraak van enige aard voor nie en reik ons ‘n helpende hand uit na die gemeenskap wat ons bedien.
‘n Dinamiese Radiostasie
Bosveld Stereo het op die frekwensie 107.5FM in stereo begin uitsaai op 1 Oktober 2008. Hierdie mylpaal is behaal na jare se voorbereiding en onderhandeling met die gemeenskap wat hy bedien asook met die lisensie-owerheid in Suid-Afrika wat verantwoordelik is vir die toekenning van uitsaailisensies.
Bosveld Stereo is ‘n besonderse dinamiese gemeenskapsradiostasie met sy sendermas 380 meter hoog op die Magalliesbergkruin bokant die Hartbeestpoortdamvallei. Hoë punte in Randburg, Sandton, Bryanston, Pretoria se Moot en selfs sover as Cullinan is binne siglyn van die sender.
Bosveld Stereo se voetspoor
Bosveld Stereo saai uit na ‘n verskeidenheid teikengehore binne die radius van sy voetspoor wat strek vanaf Bryanston, Sandton, Randburg, Roodepoort, Krugersdorp en Randfontein in die suide tot in die hart van die Bosveld by Thabazimbi in die noordweste. Sywaarts bereik Bosveld Stereo Centurion, Pretoria-Noord, Pta-Wes en Pta-Oos en tot sover as Warmbad en Nylstroom, weswaarts oor die Magalliesberg, Brits, Rustenburg en omgewing.
Radio contacts
Address:
Gedeelte 3, Plot 49, Melodie Landbouhoewes 0216 Hartebeestpoort, South Africa
You can leave your e-mail and we will let you know when the broadcast of the station will be online again:
Or listen to the other South Africa stations