prima MUZIEK.. groetjes uit breda nederland Europa
5
Johannes Van den Berg23.10.2020
Musiek wat 'n mens kan luister, en nie jou polse wil afkou, of oorpluisies voor nodig het nie. Amazing, Amazing, Amazing, Love die radio stasie. Ek luister heeldag aanlyn en raak sommer upset as ek nie Bosveld Stereo kan luister nie...
5
Ann Ez22.10.2020
Love this radio station!! Listening from Sweden..Baie Dankie!! ☆
5
brian havenga13.10.2020
Altyd lekker!
5
Thys Marais30.09.2020
Good music 👍
5
Adri De Lange20.09.2020
Goeie more jy het nou nou `n liedjie gespeel iets van over the hill Billy's? When we were young kan jy asb vir ons die regte be naming gee dankie
5
Ruaan Pienaar18.08.2020
Karl Van Der Merwe die lied se Naam is : In My Gatsak. deur die groep: Hulle
5
Heinz Misere08.08.2020
Grüße aus Leverkusen
5
Marthinus Venter12.07.2020
Julle musiek is tops.Luister na julle musiek uit Mozambique.Weet iemand dalk wat is die liedjie se naam wat bosveld gespeel het donderdag.Weet die woorde in die liedjie is welcome home deap in my hart.
Bosveld Stereo 107,5 FM, die gemeenskapsradiostasie vir die groter Hartbeespoort, Brits, Rustenburg area.
Bosveld stereo is ‘n gemeenskapgerigte radiostasie wat van plaaslike talent gebruik maak om ons luisteraars mee te vermaak. Almal wat tans by Bosveld stereo werksaam is woon binne die uitsaai voetspoor van die stasie en almal neem ook aktief deel in een of meer van die gemeenskap projekte waarby Bosveld stereo betrokke is.
Ons is ‘n Afrikaans gebaseerde radio stasie met ‘n Christelike agtergrond. Dus staan ons geen haatspraak van enige aard voor nie en reik ons ‘n helpende hand uit na die gemeenskap wat ons bedien.
‘n Dinamiese Radiostasie
Bosveld Stereo het op die frekwensie 107.5FM in stereo begin uitsaai op 1 Oktober 2008. Hierdie mylpaal is behaal na jare se voorbereiding en onderhandeling met die gemeenskap wat hy bedien asook met die lisensie-owerheid in Suid-Afrika wat verantwoordelik is vir die toekenning van uitsaailisensies.
Bosveld Stereo is ‘n besonderse dinamiese gemeenskapsradiostasie met sy sendermas 380 meter hoog op die Magalliesbergkruin bokant die Hartbeestpoortdamvallei. Hoë punte in Randburg, Sandton, Bryanston, Pretoria se Moot en selfs sover as Cullinan is binne siglyn van die sender.
Bosveld Stereo se voetspoor
Bosveld Stereo saai uit na ‘n verskeidenheid teikengehore binne die radius van sy voetspoor wat strek vanaf Bryanston, Sandton, Randburg, Roodepoort, Krugersdorp en Randfontein in die suide tot in die hart van die Bosveld by Thabazimbi in die noordweste. Sywaarts bereik Bosveld Stereo Centurion, Pretoria-Noord, Pta-Wes en Pta-Oos en tot sover as Warmbad en Nylstroom, weswaarts oor die Magalliesberg, Brits, Rustenburg en omgewing.
라디오 연락처
주소:
Gedeelte 3, Plot 49, Melodie Landbouhoewes 0216 Hartebeestpoort, South Africa