Tieto webové stránky používajú súbory cookies. Pokračovaním v používaní týchto webových stránok vyjadrujete súhlas s našimi pravidlami týkajúcimi sa používania súborov cookies.
Harts musiek, die beste stasie wat ek nog onlangs ontdek het op my werkskamer se radio. Opvangs nie baie goed nie, maar geniet dit terdee... Jongdae musiek, kan lekker met alles saam sing!!!
5
koos schakel14.02.2022
lekkere muziek, koos nederland
5
Louis Van Biljon15.01.2022
Ek opsoek na ñ lied wat julle gister gespeel het 14 Jan - ongeveer 1.00nm - kon nie sanger of titel hoor nie maar kon die woorde hoor I AM FALLING AGAIN?
5
Johan van der Mescht13.10.2021
!
5
JOHAN PIETERSEN03.10.2021
Uitstekende musiek verskeidenheid en FM ontvangs op motor radio en NW voorstede van Johannesburg.
5
Adele Loe07.09.2021
Ek is mal oor julle stasie, wens net ek kan dit in my kar op die radio opvang.
4
Vossie Vorster22.08.2021
Luister "on-line" in Ballito, Kzn...elke dag permanent...
3
J13.08.2021
Hou regtig van die radio stasie. Net uiters frustrerend om dit te stream aangesien dit baie onbetroubaar is. So op die huidige oomblik. Geen streaming nie.
5
Charl Coetzee28.07.2021
Good
5
Janine Ferreira28.07.2021
Geen beter stasie nie, werk in Pta en het julle ontdek sal aanhou luister waar ookal ek Bosveld kan opvang.
5
RF17.07.2021
Lekker musiek Bosveld! Luister van Wimbledon af.
5
Frank Rohr01.07.2021
Hi More het vir 10 jaar in harties area gebly weggetrek en is nou in Hotazhel en luister nog steeds na bosveld stereo op die net.
5
Elaine Els24.06.2021
Haai daar. Ons het verlede week vanaf Port Elizabeth na Rooiberg verhuis - so gepraat van bokse uitpak - dis waarmee ek besig is. Ek het julle pragtige stasie ontdek en luister graag. Ek was 'n Radio Omroeper vir amper 5 jaar en moet sê, julle Omroepers en musiek is baie goed. Groete. Elaine Els
5
Willie Liebenberg12.06.2021
Geniet die stasie baie Kom uit die Bosveld
5
Flip Venter21.05.2021
Lekker luister musiek. TOPS
5
Eben Geldenhuis13.05.2021
Best music station ever!
5
Adri Rothmann03.05.2021
Found your radio station by accident on November 2008 . Stayed in Rustenburg at that time . Since then i travelled to the Western Cape, Limpopo and Gauteng . Recently moved to Bella Bella .Still listening BOSVELD STERIO. Simply The Best will always be my station of choice . Thx Theo and the rest of the crew love the music. Michiel van der walt
5
J Ferreira13.04.2021
Die beste stasie om na te luister. Het vandag so om en by 13:30 'n 'song' gehoor maar die naam en sanger gemis, so mooi, sou graag wou weet wat dit was!!!
4
Gerrie Buys01.04.2021
5 star
5
Hannes Wepener26.03.2021
Luister van uit die DRC, lekker stasie om na te luister!
5
Frederick Nel14.03.2021
Dit is lekker om hier in Ierland te sit en luister na Bosveld.. Luv it
5
Daniel G Botha27.02.2021
Een van die Bestes!
5
Christo Smith18.02.2021
Fantastiese musiek.......
5
Chris Boshoff15.02.2021
Dankie vir n puik radio stasie. Ek stream vanaf Welkom om na julle te luister
5
Maricia Hurter05.02.2021
Lekker radio stasie
5
Henry Vermeulen27.01.2021
Henry Vermeulen
4
Johan van Berloo18.01.2021
Die beste radio stasie. Ek luister ieder dag van Holland om julle baie mooi musiek en afrikaanse nuuws te hoor.
Bosveld Stereo 107,5 FM, die gemeenskapsradiostasie vir die groter Hartbeespoort, Brits, Rustenburg area.
Bosveld stereo is ‘n gemeenskapgerigte radiostasie wat van plaaslike talent gebruik maak om ons luisteraars mee te vermaak. Almal wat tans by Bosveld stereo werksaam is woon binne die uitsaai voetspoor van die stasie en almal neem ook aktief deel in een of meer van die gemeenskap projekte waarby Bosveld stereo betrokke is.
Ons is ‘n Afrikaans gebaseerde radio stasie met ‘n Christelike agtergrond. Dus staan ons geen haatspraak van enige aard voor nie en reik ons ‘n helpende hand uit na die gemeenskap wat ons bedien.
‘n Dinamiese Radiostasie
Bosveld Stereo het op die frekwensie 107.5FM in stereo begin uitsaai op 1 Oktober 2008. Hierdie mylpaal is behaal na jare se voorbereiding en onderhandeling met die gemeenskap wat hy bedien asook met die lisensie-owerheid in Suid-Afrika wat verantwoordelik is vir die toekenning van uitsaailisensies.
Bosveld Stereo is ‘n besonderse dinamiese gemeenskapsradiostasie met sy sendermas 380 meter hoog op die Magalliesbergkruin bokant die Hartbeestpoortdamvallei. Hoë punte in Randburg, Sandton, Bryanston, Pretoria se Moot en selfs sover as Cullinan is binne siglyn van die sender.
Bosveld Stereo se voetspoor
Bosveld Stereo saai uit na ‘n verskeidenheid teikengehore binne die radius van sy voetspoor wat strek vanaf Bryanston, Sandton, Randburg, Roodepoort, Krugersdorp en Randfontein in die suide tot in die hart van die Bosveld by Thabazimbi in die noordweste. Sywaarts bereik Bosveld Stereo Centurion, Pretoria-Noord, Pta-Wes en Pta-Oos en tot sover as Warmbad en Nylstroom, weswaarts oor die Magalliesberg, Brits, Rustenburg en omgewing.
Rádiové kontakty
Adresa:
Gedeelte 3, Plot 49, Melodie Landbouhoewes 0216 Hartebeestpoort, South Africa